Dissipline
Monday, 7 May 2012
Dissipline in skole is vir sommige mense (lede van die publiek) skokkend. Sommige "tannies" sal jou ook meedeel dat mens nie iets kry soos 'n probleem kind nie, dis net probleem ouers. Die "tannies" is dieselfde "tannies" wat altyd dinge te sĂȘ het (sonder enige navorsing of feite). Die opinie van hulself is al wat saakmaak. Ek sal graag sulke tannie wil sien klasgee, maar daar sal seker nou weer een of ander "geldige" verskoning volgens hulle wees waarom hul nie kan klasgee nie. Ek glo dat wedersydserespek die oplossing is, indien jy as onderwyser die kinders met respek hanteer sal hul dieselfde doen.
Subscribe to:
Posts (Atom)