Monday, 7 May 2012
Dissipline in skole is vir sommige mense (lede van die publiek) skokkend. Sommige "tannies" sal jou ook meedeel dat mens nie iets kry soos 'n probleem kind nie, dis net probleem ouers. Die "tannies" is dieselfde "tannies" wat altyd dinge te sê het (sonder enige navorsing of feite). Die opinie van hulself is al wat saakmaak. Ek sal graag sulke tannie wil sien klasgee, maar daar sal seker nou weer een of ander "geldige" verskoning volgens hulle wees waarom hul nie kan klasgee nie. Ek glo dat wedersydserespek die oplossing is, indien jy as onderwyser die kinders met respek hanteer sal hul dieselfde doen.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Ek stem saam dat wedersydse respek baie belangrik is, maar ek glo steeds dat kinders gedissiplineer moet word. Kinders het so baie regte dat mens niks aan hulle mag doen nie, maat hul vergeet dat vir elke reg het jy 'n verantwoordelikheid - 'n verantwoordelikheid om ander mense in ag te neem en hul menslikheid te respekteer, en om nie die res van die klas te ontwrig nie.
ReplyDeleteEk sien niks fout daarmee om op die regte tyd en wyse 'n kind te dissiplineer nie.
Ek stem saam met jou, wedersydse respek speel n belangrike rol. 'n omgewing moet ook geskep word sodat outentieke dialoog kan plaasvind in die klaskamer en in die onmiddelike omgewing buite die skool.
ReplyDeleteDissipline is definitief belangrik maar ek voel dat kinders vandag te veel onderdruk word en ek weet dat as jy vir 'n kind te veel moenies gee gaan hy die reels wil breek. Dus stem ek saam met die stelling oor wedersydse respek en dialoog maar ek voel ook sterk dat skole oor die algemeen kinders se individualiteit onderdruk en dat kinders op 16 behandel word soos 9 jariges. Ek dink dat die oplossing is om dialoog , respek, regverdigheid en individualisme te bevorder in skole. Kennis is mag, en dit moet fun wees. Nie 'n straf nie. En met sommige van die reels in skole gaan die doel van skool verlore. Alle kinders is honger vir kennis, dit hang net af van hoe jy jou resep vir die kennis aanbied en oordra aan die hongermagies en of hulle dit gaan eet soos vrate of hul halfhartig eet met 'n snottie houding.
ReplyDelete